Sunday, January 24, 2016

Sunday, January 10, 2016

Welkom 2016

Elke juffrou sal weet dat die begin van 'n nuwe jaar voel of 'n trein jou getref het.  Terwyl die res van Suid Afrika lekker met vakansie is, is ons nog hard aan die werk besig om klasse weer mooi te maak, buite speelgoed te verf, naaldwerk te doen, muurkaarte te maak, beplanning te doen............ die lys gaan nog lank aan!  Dis vir my so lekker om te weet dat ek nie alleen is nie.  Daar is duisende kleuterskool juffies daar buite wat dit saam met my doen.

Die grootste rede vir hierdie 'blog' is omdat ek sukkel.  JA, ek het regtig daai woord gebruik!  Ek SUKKEL!!!  Dis nie iets wat mens gewoonlik uit 'n juffrou se mond uit hoor nie, maar dis waar.  In al my jare van skool gee het ek besef, laerskole en hoërskole het dit nogals maklik.  Hulle kurrikulums word vir hulle geskryf deur hoogs geleerde mense wat bymekaar kom en koppe bymekaar sit.  Dit word net so vir die onderwysers oorhandig op 'n goue skinkbord.  Hulle kan dit aanpas hier en daar, maar die kernwerk is daar.  Wat van ons?  Elke kleuterskool is anders (tensy jy aan 'n franchise behoort).  Elke kleuterskool hoof word in die diepkant gegooi en gesê, swem!  Nie almal van ons wil met die department betrokke raak nie juis omdat mens minder beheer het oor JOU skool. Ek weet nie hoeveel ure ek al voor my rekenaar spandeer het opsoek na 'n voldoende kurrikulum nie. Veral Afrikaanse hulpmiddels.  So, hoe nou?  Ek is op 'n missie om 'n kirrukulum te vind (of te skryf) wat deur die hele Suid Afrika gebruik kan word.  Hierdie is my noodroep, HELP MY!!!