Monday, March 7, 2016

My Google hulpmiddels

Enige juffrou sal weet dat die internet deesdae ons beste friend geword het.  En Google maak dinge vir 'n mens net soveel makliker!  Ons as kleuterskool juffies werk volgens temas om ons kleuters algemene kennis oor verskeie onderwerpe aan te leer.  Ons neem aan dat meeste juffies daar buite rekenaar geletter is, maar dit verbaas my hoeveel mense vir hulp vra in hierdie verband.  Ons almal is op verskeie Facebook groepies waar daar gereeld gevra word vir prentjies of idees oor verskeie temas.

My raad vir basiese hulpmiddels op Google:
Gaan na Google se home page en tik in tema naam bv. farm animals en dan jou beskryfwing:
  • Regte lewe prentjies- farm animal images
  • Spotprent (cartoon) prentjies- farm animal clipart
  • Prentjies met geen agtergrond (vir werkblad doeleindes)- farm animal PNG images/clipart
  • Inkleur prentjies- farm animal colouring pages
  • Idees vir kuns projekte- farm animal crafts (for toddlers, for preschoolers)
  • Idees vir werkblaaie- farm animal worksheets (for toddlers, for preschoolers)
Ek weet hierdie is baie basiese informasie, maar as mens kyk na hoeveel mense hierdie op 'n daaglikse basis vra, voel ek dis nodig om dit soos hierbo uit een te sit.  Ek hoop dit kan iemand darm 'n bietjie help!





No comments:

Post a Comment